Ons Onthou
We Remember

A list of dates we will always remember

Chapter Info


PO Box | Posbus
17702
Bainsvlei
9338

Fax | Faks:
086 5321658

Chapter Leader | Voorsitter:
Aubrey Josiah
082 4557433

Secretary & Newsletters |
Sekretaresse & Nuusbriewe:
Mary-Ann Naudé
083 5785991

Treasurer | Tesourier:
Butch Dukas
082 8530835

Facilitator | Fasiliteerder:
Marinel Read
082 4305544

Album & Book Club |
Album & Boekklub:
Erika Henn
0732074958

If you need someone to talk to, please send us an email info@tcfbfn.co.za
Please read our
Constitution

Latest News:


Die volgende byeenkoms van The Compassionate Friends ('n self-help, nie-denominale, nie- winsgewende organisasie wat ouer/grootouers en sibbe bystaan na die dood van 'n kind), is op Maandag 21 Mei om 18:00 in die Vergaderingslokaal van die Instituut in die D.F. Malherbe gebou op die UV kampus, reg langs die Eeufeesgebou. (By die hoofingang van die UV, reguit, volg pad aanwysings na die Eeufeesgebou, regs).

Almal is welkom. 'n Spesiale uitnodiging word aan alle ouers/grootouers/sibbe gerig wat onlangs hierdie aardskuddende trauma moes deurgaan. Jy hoef nie die pad alleen te loop nie!

Vir meer inligting, bel Mary-Ann by 083 5785991.
Remembrance Wall

If you want to add your child's photo to our Remembrance Wall, please send a photo of your child with his/her birth and death dates to info@tcfbfn.co.za.

"Supporting Family After A Child Dies"


A non-denominational self-help organisation, offering friendship and understanding to bereaved parents, siblings and grandparents.

'n Self-help ondersteuningsgroep met geen rasse-, godsdienstige- of maatskaplike grense, wat vriendskap en begrip bied aan bedroefde ouers, broers, susters en grootouers.

The Compassionate Friends meetings offer a safe and supportive environment for exploring our grief, sharing memories of our children and providing hope for the possibility that we may rebuild our lives after such a devastating loss.

Parents, siblings and grandparents are welcome at our meetings where you may talk freely about your child and share your memories, your pain and your growth. Participation in discussions is completely voluntary and, if you prefer, you are welcome to attend and just listen. You may feel alone, estranged and lost in this world you are entering, but there are others who understand and can walk beside you. In time you may be able to provide care and assistance to others.

We are sorry that you may have the need to join us, but we welcome you!

Wat Doen Ons?


In ons poging om bedroefde ouers te help om met hulle verlies saam te leef, fokus ons nie op 'n morbiede siening van die dood nie. Ons wil allermins ongelukkige gevoelens aanhou vertroetel. Ons erken die pyn en is gewillig om in mekaar se smart te deel. TcfBfn stel kwartaalliks 'n nuusbrief saam en versprei brosjures en inligtingstukke wat oor 'n wye verskeidenheid onderwerpe handel wat te make het met smart en die genesingsproses daarvan. Daar word maandeliks vergaderings gehou waar ouers teenwoordig is wat hulle eie smart verwerk het en empatie het vir ouers wat pas 'n kind aan die dood afgestaan het. Die vergaderings is nie "terapie" sessies nie. Genesing kom stadig en word versigtig aangemoedig na gelang ouers tot insig en begrip kom. Hulle word die geleentheid gebied om hul gevoelens te lug in 'n atmosfeer waar hul aanvaar en nie veroordeel word nie.

Terwyl ons ons smart en worsteling met mekaar deel, kyk ons ook saam na moontlikhede en betekenisvolle aktiwiteite wat elkeen van ons kan vind om nuwe hoop en rigting aan ons lewens te gee. Hiermee gaan werklike omgee vir mekaar gepaard; omgee wat nie wegskram van die werklikheid en pynlike herinneringe nie. TCF erken dat smart 'n teken van liefde is en ons onderskryf met groot opregtheid hoop vir die toekoms deur te sê dat daar betekenis in die lewe is anderkant ons pyn. Daar is geen kitsoplossing of towerformule wat verlies ongedaan maak nie. Daar kan wel nuwe sin en rigting in die lewe verkry word deur inligting, kennis en gedeelde smart.

(Uit: Wanneer 'n Kind Sterf)

Mission Statement


The primary purpose of The Compassionate Friends is to assist bereaved parents and siblings. The secondary purpose is to provide information and education about bereaved parents and siblings. The objective is to help those in their community, including family, friends, employers, co-workers and professionals, to be supportive.

Credo


Ons hoef nie alleen te loop nie.

Ons is "The Compassionate Friends".

Ons reik uit na elkeen met liefde, met begrip en met hoop. Ons kinders is op verskillende ouderdomme oorlede as gevolg van uiteenlopende oorsake, maar die liefde vir ons kinders verenig ons. Julle pyn word ons pyn, net soos julle hoop ons hoop word. Ons kom saam van alle lae van die samelewing, vanuit uiteenlopende omstandighede. Ons is 'n unieke familie, want ons verteenwoordig baie rasse en gelowe. Ons is jonk en ons is oud. Sommige van ons is alreeds lank saam met ons hartseer, maar ander voel nog droefheid so onlangs en so intens pynlik dat ons hulpeloos voel en geen hoop sien nie.

Sommige ondervind ons geloof as 'n bron van krag; sommige van ons sukkel om antwoorde te vind; sommige van ons is kwaad en gevul met skuldgevoelens, in 'n diepe depressie; ander straal 'n innerlike kalmte uit. Maar, watter pyn ons ookal na hierdie samekoms van "The Compassionate Friends" bring, dit is pyn wat ons sal deel, net soos ons die liefde vir ons kinders met mekaar deel.
Ons sal altyd hoop om 'n toekoms vir onsself te skep, maar ons het 'n verpligting om daardie toekoms saam te skep wanneer ons na mekaar uitreik in liefde, om die pyn sowel as die vreugde, die gramskap sowel as die berusting te deel. Om die geloof sowel as die twyfel te deel en mekaar by te staan, om te treur sowel as om te groei.

Ons hoef nie alleen te wees nie.

Ons is "The Compassionate Friends".

Frequently Asked Questions


Moet ek deelneem aan besprekings wanneer ek vergaderings bywoon?

Nee. Mense hanteer hul rou op verskillende maniere en ons respekteer dit. Ons verstaan ook dat dit soms moeilik is om jou pyn te deel, veral in die begin.

Is daar lidmaatskapfooie betrokke?

Nee. Ons maak staat op vrywillige bydraes van vriende, lede en die gemeenskap. Jy kan 'n vrywillige skenking maak t.o.v tee-geld deur dit in die houer daarvoor te plaas.

Kan ek 'n vriend/vriendin saambring?

Ja. Ons vra wel almal (lede sowel as vriende) om alles wat op die vergaderings bespreek word as konfidensieel te beskou en hanteer. Dit is belangrik dat ons vrylik met mekaar kan praat met die versekering dat dit konfidensieel gehou sal word.

My man/vrou wil nie saamkom nie, kan ek alleen kom?

Natuurlik. Ons verstaan dat sommiges bloot nie in staat is om hul rou met ander te deel nie.

Wat gebeur tydens so 'n byeenkoms?

Elke byeenkoms is verskillend. Die dinamika van die groep verander elke keer. Soms kry ons sprekers om 'n spesifieke onderwerp aan te raak, ander kere neem ons deel aan kreatiewe aktiwiteite, maar meestal is die doel om hoop, sowel as twyfel te deel, mekaar by te staan, om saam te treur, sowel as om te groei!

My child was an adult and didn't live at home. Can I still attend a meeting?

Our meetings are for all parents, grandparents, siblings and/or primary caretakers who have lost a child from any cause. We believe that our children are always our children, whatever their age.

Do I need to call to confirm my attendance before a meeting?

No. You may come whenever you feel like it.

We have other children at home who may benefit from a support group. May we bring them with us?

Teenage and adult siblings are welcome to attend but the meetings are not always appropriate for young children. If you are unsure, feel free to call our hotline and discuss your situation.

My child died several years ago. Is it too late for me to join?

Absolutely not. Grief work takes many forms and some people may not have felt the need for a support group at the time of their child's death. Some people may not have known about us at the time. You may join The Compassionate Friends at whatever stage of grief you are in.

My child died of AIDS. Will I still be welcome?

Yes. We do not discriminate in terms of circumstances of death.

I have no religious affiliation any more. Will this be a problem if I attend?

We are not a religious organisation and are not affiliated to any organised religion. Our members may or may not be associated with a particular religion. But you will find that the attitudes of the members is generally very open to widely differing opinions. The death of a child often brings about a change in outlook and values.